© Copyright Smalladds.com, Pretoria, Gauteng, South Africa
Nataniël se braai-etiket FOKUS MENSE, FOKUS! 1. Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. 'n Braai is 'n ernstige ding, benader dus jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter amper familie. Jy het hom immers meer gesien as jou dokter. Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik. Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis is. As 'n ding goed verpak is dan lyk hy mos gaaf genoeg om te braai. Kak man! So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter. 2. Daar is nie 'n ding soos 'n te warm vuur nie. Dikker snitte vir braai! Dun steak is altyd taai en proe kak. 3. Steaks is medium-rare en miskien selfs medium. As jy van jou vleis 'well-done' hou - gebruik 'n blowtorch en hou jou vleis van 'n braaier af. Hardloop dan ook sommer in 'n muur vas. Herhaaldelik! Rare is net vir persone wat die smaak van vleis opreg waardeer! 4. 'n Steak sonder vet is nie 'n steak nie. (Fillet het geen vet nie). Fillet is vir bejaarde mense met valstande. Tenderised steak hoort op die Kerkbasaar se steakrolls. Nie op 'n vuur nie! 5. Wors moet nog kan buig as dit afgehaal word - dit moet nie breek nie. Wors word ook nie vol gate gesteek nie, kry vir jou iets anders om te steek. 6. As jy nie kan braai nie, moenie! Jy fok net jou gaste rond. 7. Vleis word van die rooster of die plaat af opgeskep - nie uit 'n lou-oond uit nie. 8. Uitpass voor die ete is uit soos bok???! Dit is moerse ongeskik en 'n aanduiding dat jy kak gewoontes het. 9. As jy self jou vleis wil braai want jy vertrou nie die braaier nie, of as jy net doodeenvoudig vol kak is, praat voor die tyd of shut up! 10. As jy 'n ander persoon die braaireg by jou huis gee dan swaai hy die septer. 11. As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg vuuraanstekers is want om die ding aan die gang te kry kos hitte. Baie hitte. Die rook van 'n sukkelende vuur is 'n steurnis. 'Smokey Robinson' word nie hier geduld nie. As jy kan braai en nie 'n ordentlike vuur kan maak nie, dan lieg jy. 12. Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sê so! Hoe de fok anders moet hy leer? 13. Een slaai by 'n braai is meer as genoeg. 14. Hou jou stompies uit 'n braaivuur uit! Jou kak gewoontes hoort by jou huis! As jy die behoefte kry om agter die braaier te gaan pis, was tog net jou hande voor jy testers vir die gaste gee om aan te proe! 15. Met rugby steek jy die vuur tydens halftyd aan. 16. Hoender eet jy met die hand. Tjops ook. Steak en wors, met 'n mes en vurk. 17. As jy jou pap saam met 'n braai met melk en suiker eet, is jy wanaangepas en skreeu jy seker vir die Leeus. Vra almal by die braai om jou teen jou kop te klap, maar dit sal seker ook nie eers help nie. 18. Politiek, die rentekoers en babapraatjies is uit om 'n braaivleisvuur. Rugby, jag, 4x4 bakkies en die buurvrou se tan-lyne is die norm. Visvangstories word eers gepraat as almal gesuip is, want dan kan die wat nie visvang nie saam kak praat. 19. Vleis moet gereeld omgedraai word, nie halfpad aan die eenkant gaar gebrand word en dan omgedraai word nie. Draai kort-kort jou vleis. Sout word oorgegooi net voordat die vleis van die rooster afgehaal word. As dit jou idee is om die vleis uit te droog voor jy dit eet, gaan kry vir jou ‘n stuk volstruisbiltong om jou eetlus te demp! 20. Vleisbraai is nie net 'n geleentheid om te staan en drink nie. Fok weet hoekom nie, maar baie moeite word gedoen met die voorbereiding en die gaste wil graag 'n lekker stukkie vleis geniet. 21. ....... en so terloops, almal wat 8-uur die aand wil eet, moet eerder by hulle eie huis fokken bly, daar is nie 'n tyd om te eet vir 'n braaivleis nie, eet as die fokken vleis gaar is!
Menu
Back to Jokes Back to Jokes

Funny Jokes

We acknowledge the sources of these JOKES, which is circulating throughout

the world via e-mail.

If you have a good one, mail it to us, and we will publish it!

Amazing Picture Stories

Your Small Ads Website. Cost

effective on-line advertising

Picture stories to be published here soon…

© Copyright Smalladds.com, Pretoria, Gauteng, South Africa
Smalladds.com
Website design and cost effective on-line advertising
Smalladds.com
Website design and hosting for the small business