|
Knormoer
'n Taalhandhawer en sy nors vrou hou by 'n vulstasie
stil. 'Vul asseblief die brandstoftenk, gaan die
olievlak na en kyk of daar nie fout met die knormoer
van die motor is nie,' is sy opdrag.
Na 'n rukkie kom die pompjoggie na hom toe. 'Oubaas,
ek het gefill-up en die olie gecheck, maar ek dink ons
moet die oumiesies net so laat staan.' |