|
Ope
brief aan alle Afrikaners.
"Hoekom het jy gesteel?"
"Ek was honger!"
So lui 'n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag
destyds in hulle kindertyd gelag het - min vermoedend dat
hierdie situasie nog in hulle leeftyd 'n werklikheid sou
word.
Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel
aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur
honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers
onderdruk was..
Laat ons dus maar vandag oor 'n paar sake reguit praat:
'n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel
omdat jy skelm is.
Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk
soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.
Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe
oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde
plase teruggekeer - uitgehonger,hartseer en verpletter. Maar
hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met
harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer
dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle
huidige onderdukkers, goed kon versorg.
Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is
as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle
nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.
Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en
uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir
niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied
terug hoef te staan nie.
'n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou
werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie - 'n mens
moor omdat jy 'n barbaar is wat nie verdien om deel van die
samelewing te wees nie.
Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers
absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne met
minder as 'n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie
bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.
'n Mens word nie 'n agtergeblewene omdat iemand anders nie
genoeg vir jou doen nie. 'n Mens word 'n agterblyer omdat jy
nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede
Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie - ons het self gewerk en
volhard om sukses te behaal.
En elke ding wat ons het, het ons verwerf - apartheid het
nooit plase en poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel
nie.
As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak
nooit enige vordering nie, is dit dalk 'n goeie gedagte om
op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende
verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die
voorspoed in.
En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk,
prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die
vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse,
beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.
Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir
vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te
werk en vir hulleself 'n toekoms los te spook.
Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie...
Na Bo |